Die wêreld in foto’s – 10 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Besoekers, geklee in tradisionele kleredrag, stap oor ’n pad in Seoel in Suid-Korea. (Foto: Lee Jin-man, AP)

Betogers dwing hulle weg oop na die Amerikaanse ambassade in Manila in die Filippyne in protes teen pres. Donald Trump se besoek die komende naweek. (Foto: Bullit Marquez, AP)

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk verwelkom pres. Frank-Walter Steinmeier van Duitsland by die Elysee-paleis in Parys, Frankryk. (Foto: Michel Euler, AP)

Lau Hon Meng, ʼn joernalis van Singapoer, en Mok Choy Lin, ʼn joernalis van Maleisië, word albei aangekla nadat hulle glo onwettige hommeltuie oor die parlement in Mianmar gevlieg het. Hulle het vandag in die hof verskyn en kan tot drie jaar tronkstraf gevonnis word indien hulle skuldig bevind word. (Foto: Aung Shine Oo, AP)

Die Amerikaanse presidentsvrou, Melania Trump, loop op die Groot Muur in Beijing. (Foto: Ng Han Guan, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.