Die wêreld in foto’s – 10 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Fotograaf neem Woensdag ʼn foto van die sonsopkoms by die Vale of Pewsey in Wiltshire, Engeland. (Foto: Andrew Matthews, AP)

ʼn Man vang Woensdag vis naby Miesbach, Suid-Duitsland. (Foto: Matthias Schrader, AP)

Lede van die Samaritane-gemeenskap bid voor die eerste dag van die sewende maand by Berg Gerizim naby Nablus aan die Wes-Oewer. (Foto: Ayman Nobani, Xinhua)

ʼn Libanese duiker staan Woensdag langs sy visnet, gereed om in die Middellandse See te duik in Beiroet, Libanon. (Foto: Hussein Malla, AP)

Pous Franciskus gee Woensdag aandag aan ʼn kind voor sy weeklikse oudiënsie in die Vatikaanstad. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stinkgogga ·

Die foto van die pous met die huilende seuntjie… Slim kind!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.