Die wêreld in foto’s – 10 September 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die bekendstelling van Telesat se Telstar 18 Vantage-kommunikasiesatelliet op ʼn SpaceX Falcon 9-vuurpyl by die Cape Canaveral-lugmagstasie word Maandag vanaf Minutemen Causeway op Cocoa Beach gesien. (Foto: Malcolm Denemark, AP)

Joko “Jokowi” Widodo, die Indonesiese president, skud Maandag blad met die Suid-Koreaanse president, Moon Jae-in, tydens hul vergadering by die presidensiële Blouhuis in Seoel, Suid-Korea. Moon het sy Indonesiese eweknie tydens hul ontmoeting versoek dat Djakarta pogings ondersteun om die gebruik van kernwapens op die Koreaanse Skiereiland te staak. (Foto: Kim Hong-Ji, AP)

Noord-Koreaanse studente neem Maandag deel aan ʼn optog wat saamval met die 70ste herdenking van Noord-Korea se stigtingsviering in Pjongjang, Noord-Korea. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Toeriste kyk na grasui-veldblomme by Hezhang in China se Guizhou-provinsie. (Foto: Yang Wenbin, Xinhua)

Die sonsopkoms oor die see in Qidong-stad in China se Jiangsoe-provinsie. (Foto: Xu Congjun)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LB S ·

Daar is BAIE mooier fotos van Suid-Afrika wat hier geplaas kan word. Kyk maar na die sneeu fotos. As julle oorsese lande se fotos wil plaas, maak dit asb die moeite werd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.