Die wêreld in foto’s – 10 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Estlandse president Kersti Kaljulaid woon die Wêreld energiekongres in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate by. (Foto: Jon Gambrell, AP)

ʼn Model in ʼn uitrusting van die Tom Ford-versameling in New York. (Foto: Frank Franklin II, AP)

Greta Thunberg lewer ʼn toespraak by die Society for Ethical Culture in New York. Dié Sweedse omgewingsaktivis sal na verwagting op 23 September by die Verenigde Nasies se klimaataksie-beraad ʼn toespraak lewer. (Foto: Jeenah Moon, AP)

ʼn By versamel stuifmeel vanaf ʼn sonneblom in Idaho Falls, Idaho. (Foto: John Roark, AP)

Die geboue in die bankdistrik is te sien deur die mis in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.