Die wêreld in foto’s – 10 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Inwoners van Beiroet was Donderdag paniekbevange nadat ʼn brand by ʼn pakhuis by die Beiroethawe ontstaan het.

Dít ná ʼn reuse-ontploffing die Libanese hoofstad meer as ʼn maand gelede geruk en die lewens van minstens 190 mense geëis het.

Volgens ʼn verklaring wat die Libanese weermag uitgereik het, het Donderdag se brand by ʼn pakhuis wat olie en bande berg, ontstaan. Brandweerspanne en weermaghelikopters is na die pakhuis ontbied.

Ooggetuies sê dat mense uit die pakhuis gehardloop het kort nadat die brand uitgebreek het en dat motoriste skuiling in nabygeleë winkels gevind het.

ʼn Pakhuis wat glo bande en olie geberg het, brand in Beiroet, Libanon. (Foto: Hussein Malla, AP)

Brandweermanne probeer ʼn brand by pakhuise in Beiroet te blus. (Foto: Hussein Malla, AP)

Pakhuise by die Beiroethawe brand. (Foto: Hussein Malla, AP)

ʼn Weermaghelikopter laat val water om die brand by die Beiroethawe te blus. (Foto: Hassan Ammar, AP)

Swart rook hang oor die hoofstad van Libanon. (Foto: Hussein Malla, AP)

Swart rook trek in die lug op weens ʼn brand by ʼn pakhuis in Beiroet, Libanon. (Foto: Hassan Ammar, AP)

Brandweerspanne blus die vuur. (Foto: Hassan Ammar, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.