Die wêreld in foto’s – 11 April 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Seisoenwerkers vroeër die week besig met vanjaar se aspersie-oes in Preetz in die noorde van Duitsland. Die oesseisoen in dié gebied het pas begin. Foto: Carsten Rehder, AP

Toeriste in Thailand spat ʼn olifant met water tydens die viering van naderende fees genaamd Songkran. Tydens dié Thaise nuwejaarsfees word water op mense gespat om ongeluk weg te spoel. Foto: Rachen Sageamsak, AP

ʼn Bewaarder van die Hefei-dieretuin in die ooste van China stel ʼn beer welpie, een van ʼn tweeling, Dinsdag aan besoekers voor. Foto: Guo Chen, Xinhua

ʼn Lugfoto van die Groot Muur in die voorstedelike omgewing van Huairou in Beijing, hoofstad van China. Foto: Wang Jianhua, Xinhua

Kleuterskoolkinders in China se Hebei-provinsie verf vlieërs vroeër die week in Cangzhou. Foto: Fu Xinchun, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rits ·

Ek kyk na die foto van die Groot muur en wonder waarom ons nooit van Suid Afrika se mooi fotos bv die Blyderivier Canyon hier sien nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Rits

Dankie vir jou navraag. Die betrokke reeks foto’s (“Die wêreld in foto’s”) is juis om wêreldfoto’s te publiseer, dis as’t ware nuusbrokkies van oor die wêreld heen. Dankie vir die voorstel dat ons ook Suid-Afrika se natuurskoon moet uitbeeld, ek dra dit graag oor aan die redaksie vir verdere ondersoek.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.