Die wêreld in foto’s – 11 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Teeboer pluk teeblare by die teetuin in die dorpie Yongxing in Meitan, in die suidweste van China se Guizhou-provinsie. (Foto: Liu Xu, Xinhua)

Pous Francis daag by St. Petrusplein in die Vatikaanstad op vir sy weeklikse oudiënsie. (Foto: Andrew Medichini)

Karl Heinz Grasser, die voormalige Oostenrykse minister van finansies, wag vir die begin van nog ʼn dag in die verhoor teen hom en verskeie ander op aanklagte van korrupsie in Wene. (Foto: Helmut Fohringer, AP)

Jamaika se Anastasia Le Roy, regs, juig nadat sy tweede, net ná Botswana se Amantle Montsho, in die 400 m-vroue-eindstryd geëindig het in die Carrara-stadion tydens die 2018 Statebondspele aan die Goue Kus in Australië. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

Angela Merkel, die Duitse kanselier; Olaf Scholz, die Duitse minister van finansies; en Horst Seehofer, die Duitse minister van binnelandse sake, woon ’n kabinetsvergadering by wat deel vorm van ʼn tweedaagse wegbreek by die Meseberg-kasteel, die staatsgastehuis, in Gransee, noord van Berlyn in Duitsland. (Foto: Michael Sohn, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.