Die wêreld in foto’s – 11 April 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sonsopkoms Donderdag oor die geboue van die handelsdistrik in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Werkers rus naby standbeelde van olifante terwyl hulle Donderdag wag vir die opening van die Central World-winkelsentrum in Bangkok, Thailand. ’n Brand het in een van Bangkok se grootste winkelsentrums uitgebreek en rook oor die stad se sentrale handelsdistrik versprei. Dit het daartoe gelei dat ontruimings Woensdagaand so vinnig as moontlik gedoen moes word. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

Twee wynboere kontroleer Donderdag klein brande in die vroeë oggendure in hul wingerde in Weinboehla, Duitsland. Dié brande beskerm sensitiewe wingerde teen rypskade. (Foto: Sebastian Kahnert, AP)

Alfa Romeo se Kimi Raikkonen van Finland verstel sy baadjie se kraag tydens ’n perskonferensie Donderdag by die internasionale renbaan in Sjanghai net voor die Chinese F1 Grand Prix in dié Chinese stad. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Sterre in die vroeë oggendure bokant die Dunstanburgh-kasteel, tussen die dorpe van Craster en Embleton in Northumberland, Engeland. (Foto: Owen Humphreys, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.