Die wêreld in foto’s – 11 Augustus 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het duisende betogers in Minsk, Belarus, byeengekom in protes teen die land se presidensiële verkiesingsresultate.

Die outoritêre president van Belarus, Alexander Lukashenko, is Sondag herverkies vir sy sesde agtereenvolgende termyn. Pres. Lukashenko is al 26 jaar lank aan bewind.

Volgens die land se sentrale verkiesingskommissie het pres. Lukashenko 80,23% van die stemme verower, terwyl sy hoofopposisie, Sviatlana Tsikhanouskaya, slegs 9,9% gekry het.

ʼn Betoger wat ontevrede is met die verkiesingsuitslae is Maandagaand oorlede te midde van botsings met die polisie. Tussen 2 000 en 3 000 opstokers is oor die hele Belarus in hegtenis geneem terwyl 89 betogers en polisiebeamptes deur die loop van die naweek beseer is.

Só lyk die politieke onrus in Belarus.

Polisiebeamptes versper die pad vir betogers in Minsk, Belarus. Betogers is ontevrede oor die herverkiesing van Alexander Lukashenko as president. (Foto: AP)

Mense stry met polisiebeamptes tydens ʼn protesoptog ná afloop van die Belo-Russiese presidensiële verkiesing. (Foto: AP)

Polisiebeamptes slaan betogers met stokke. (Foto: Sergei Grits, AP)

Mense help ʼn beseerde betoger tydens ʼn massa-optog. (Foto: AP)

ʼn Man word in hegtenis geneem tydens ʼn massa-optog in Minsk, Belarus. (Foto: Sergei Grits, AP)

ʼn Betoger en polisiebeampte baklei ná ʼn optog oor die presidensiële verkiesing in Belarus. (Foto: Sergei Grits, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.