Die wêreld in foto’s – 11 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Aanbieder en akteur David Oyelowo en sanger John Legend woon die mediakonferensie van die Nobel Vredesprys-konsert by die Noorweegse Nobel-instituut in Oslo by. Díe konsert vind later vandag plaas. (Foto: Tore Meek/NTB scanpix, AP)

Betogers betoog teen Amerikaanse president Donald Trump se besluit om Jerusalem as Israel se hoofstad te erken gedurende ’n besoek deur Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu aan die Europese Unie-hoofkantoor in Brussel. (Foto: Geert Vanden Wijngaert, AP)

Russiese president Wladimir Poetin en Egiptiese president Abdel Fattah el-Sisi skud blad gedurende ’n ontmoeting in Kaïro, Egipte. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

Voormalige Georgiese president Mikheil Saakashvili daag op by ’n hof in Kiëf, Oekraïne. Opposisieleier Saakashvili, wat vier maande gelede van sy Oekraïense burgerskap gestroop is, is Vrydag in hegtenis geneem. (Foto: Sergei Grits, AP)

’n Vragmotor wat in ’n verspoelde straat in Djakarta, Indonesië, vasgeval het, word uit die water gestoot. Swaar reënneerslae binne enkele ure het strate oorstroom gelaat en verkeersopeenhopings in sommige dele van Djakarta veroorsaak. (Foto: Xinhua/Zulkarnain)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.