Die wêreld in foto’s – 11 Desember 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sonstrale breek Dinsdag deur die wolke oor die bankdistrik in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Straatverkoper dra Dinsdag koppies tee aan by die Souq al-Melh-mark in die ou stad Sanaa in Jemen. (Foto: Hani Mohammed, AP)

Studente betoog Dinsdag oor veranderinge in hoërskooltoetse in Parys. Emmanuel Macron, die Franse president, het erken dat hy deels verantwoordelik is vir die woede wat tot weke van betogings in Frankryk gelei het – ʼn ongewone uitlating vir dié leier wat verlede jaar verkies is. (Foto: Christophe Ena, AP)

Ondersteuners van Viëtnam se nasionale sokkerspan moedig hul span Dinsdag aan tydens die AFF-Suzukibeker-eindstryd tussen Maleisië en Viëtnam in Kuala Lumpur, Maleisië. (Foto: Yam G-Jun, AP)

ʼn Kunsinstallasie wat migrante uitbeeld, word by die ingang van die VN-migrasiekonferensie in Marrakesh, Marokko, geplaas. Top VN-amptenare en regeringsleiers van sowat 150 lande vergader Dinsdag om ʼn ooreenkoms oor migrasie te tref. (Foto: Mosa’ab Elshamy, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieterv ·

Pragtige fotos (soos altyd).
Wat van: een verpligte foto van ons pragtige land en sy mense?
Ek vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.