Die wêreld in foto’s – 11 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Virtuele vuurwerk word in die antieke Sjinese dorp, Zhengding, afgevuur. Sjina se binnelandse toerisme-inkomste het 513,9 miljard yuan (ongeveer $76,21 miljard) gedurende die week van die Lentefees beloop. Die fees eindig Sondag. (Foto: Zhang Haiqiang, Xinhua)

Mense neem deel aan die lantern-optog ter viering van die Sjinese Nuwejaar in Chicago in die VSA. Sjinese Nuwejaarsvieringe is Saterdag oor die hele stad voortgesit met dié spesiale lantern-optog en leeudanse wat honderde inwoners gelok het. (Foto: Wang Ping, Xinhua)

Lady Gaga poseer vir ʼn foto in die mediakamer met haar toekennings wat sy Sondag gedurende die 61ste jaarlikse Grammy-toekennings by die Staples Center verower het. Sy het drie toekennings ontvang vir beste popvertoning (solo), beste pop-duo/groep-opname en beste liedjie vir visuele media vir haar en Bradley Cooper se liedjie “Shallow”. (Foto: Chris Pizzello, AP)

Lede van “Japan’s to R mansion” lewer ’n verhooguitvoering gedurende die tweede uitvoering van die “Intercultural Encounters” van die Abidjan-sirkus in Abidjan in die Ivoorkus. Die sirkus het Sondag geëindig. (Foto: Yvan Sonh, Xinhua)

Deelnemers aan ʼn nagwaak steek kerse aan ter herinnering aan die slagoffers van die reeksmoordenaar Bruce McArthur by die Toronto-kerk. ʼn Kanadese regter het McArthur ʼn lewenslange vonnis opgelê met geen kans op parool vir die volgende 25 jaar nie. (Foto: Chris Young, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.