Die wêreld in foto’s – 11 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Seun speel onder die Venezolaanse nasionale vlag tydens ʼn protesoptog teen sanksies wat deur pres. Donald Trump se administrasie ingestel is. Dié sanksies beïnvloed die Venezolaanse staatslugdiens, Conviasa, nadelig. (Foto: Ariana Cubillos, AP)

ʼn Vrou met ʼn plastiek reënjas en masker loop deur die strate van Beijing. Sedert die koronavirus uitgebreek het, het die daaglikse dodetal in China vir die eerste keer tot 100 gestyg. Meer as 1 000 mense is al sedert Desember as gevolg van besmetting met dié virus dood. (Foto: Andy Wong, AP)

ʼn Betoger met ʼn plakkaat tydens ʼn protesoptog in Beiroet, Libanon, wat die mosie van wantroue in die nuwe regering steun. (Foto: Hussein Malla, AP)

ʼn Meganiese graaf werk aan ʼn padbouprojek wat deur die regering in Kaboel, Afganistan, gefinansier word. Volgens ʼn onlangse verslag van ʼn organisasie wat die miljarde dollar wat die VSA bestee aan die heropbou van dié oorloggeteisterde land monitor, het duisende mense hul lewens in die heropbouproses verloor. (Foto: Rahmat Gul, AP)

ʼn Tibettaanse lhasa apso neem deel aan die 144ste Westminster-hondeskou in New York. (Foto: Mark Lennihan, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.