Die wêreld in foto’s – 11 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wire.africannewsagency.com

Dit is vandag bekend gemaak Maria Sharapova van Rusland mag nie aan die Olimpiese Spele deelneem nie, nadat die Internasionale Hof vir Arbitrasie in Sport besluit het om haar appél eers in September aan te hoor. Sharapova is vanjaar vir twee jaar na die tennis-wildernis verban, nadat sy in Januarie vanjaar by die Australiese Ope positief getoets het vir ʼn verbode middel. Foto: Rick Rycroft  /wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Mense in Houston in die VSA neem deel aan ʼn vreedsame protesoptog, genaamd “A walk in Prayer to End Violence”. Betogers meen geweld in die VSA moet tot ʼn einde kom. Foto: Xinhua/Jia Zhong/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Mense neem deel aan die jaarlikse stormloop van die bulle in Pamplona, Spanje.  Die daaglikse bulstormloop begin om 08:00 en duur gewoonlik tussen drie en vyf minute. Daar is altesaam agt stormlope tydens die fees. Foto: Alvaro Barrientos/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Helikopter dra water aan om ʼn veldbrand in Nederland, Colorado, te probeer blus. Foto: Helen H. Richardson/The Denver Post via AP/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Ma Weiliang, hoof van die “Confucius Institute of Jilin City”, leer ʼn kind om sy eerste woord in Chinees te skryf in ʼn tempel in China se Jilin-provinsie, waar kinders aan ʼn skryf-seremonie deelneem. Ongeveer 150 kinders het hierdie seremonie bygewoon, wat fokus op tradisionele aktiwiteite voordat kinders hul skoolloopbaan begin. Foto: Xinhua/Wang Mingming) (zkr)/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Indiese vroue plant bome aan die buitewyke van Allahabad, Indië. Honderde duisende mense van die Uttar Pradesh-streek gaan oor die volgende 24 uur probeer om ʼn wêreldrekord te breek, deur 50 miljoen bome te plant. Foto: Rajesh Kumar Singh/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Vrou van Mongolië neem deel aan ʼn boogskiet-kompetisie tydens die Naadam-fees in Ulaanbatar, Mongolië. Dié fees sluit tradisionele sportsoorte soos boogskiet, stoei en perdry in. Foto: Mark Schiefelbein/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.