Die wêreld in foto’s – 11 Junie 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

’n Man kyk na ’n TV-skerm by die Seoel-treinstasie in Seoel, Suid-Korea wat beeldmateriaal van die Amerikaanse president, Donald Trump (regs), en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, tydens ’n nuusprogram uitsaai. Die laaste voorbereidings word in Singapoer gedoen vir Dinsdag se geskiedkundige beraad tussen Trump en Kim, insluitende ’n plan vir dié leiers om die gebeurtenis af te skop met slegs elkeen se vertaler teenwoordig, het ’n Amerikaanse amptenaar gesê. Die teks op die beeldmateriaal lees: “Beraad tussen die Verenigde State en Noord-Korea.” (Foto: Ahn Young-joon, AP)

’n Besoeker kyk Maandag in die rigting van Noord-Korea vanaf die Imjingak Pavilion in Paju naby die grensdorp Panmunjom in Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

NAVO-soldate van Duitsland neem deel aan ’n militêre oefening genaamd “Sabre Strike 2018” by die opleidingskamp in Pabrade, sowat 60 km noord van die hoofstad Vilnius in Litaue. ’n Groot militêre oefening in Amerika, met 18 000 soldate uit hoofsaaklik 19 NAVO-lande, vind in die alliansie se oostelike vleuel plaas. Dit sluit Pole en die drie Baltiese state van Estland, Letland en Litaue in. (Foto: Mindaugas Kulbis, AP)

Die King’s Troop Royal Horse Artillery voer Maandag ’n Royal 41-geweersaluut uit vir Brittanje se hertog van Edinburgh se 97ste verjaarsdag in Hyde Park, Londen. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Beseerde mans ontvang behandeling by ’n hospitaal ná ’n selfmoordbomaanval in die stad Jalalabad, oos van Kaboel in Afganistan. ’n Selfmoordbomaanvaller het minstens tien mense gewond gelaat toe die bom naby die onderwysdepartement in dié stad ontplof het. (Foto: Mohammad Anwar Danishyar, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.