Die wêreld in foto’s – 11 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Man loop verby die 2020- Olimpiese Spele se kentekens in Tokio. Hoewel dagga (cannabis) in sommige dele van die wêreld gewettig is, wys die hoof- uitvoerende beampte van volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio daarop dat daggagebruik onwettig in Japan is. (Foto: Jae C Hong, AP)

Die bekende akteur Adam Sandler en sy vrou, Jackie, daag op by Los Angeles se première van die rolprent Murder Mystery by die Regency Village-teater in Westwood, Kalfornië. (Foto: Jordan Strauss, AP)

Toronto Raptors se Danny Green (14) teken punte aan teen die Golden State Warriors se Klay Thompson (11) tydens die eerste helfte van die NBA-basketbal se finaal in Toronto. (Foto: Kyle Terada, AP)

Weerlig deurklief die lug in Dresden, Duitsland. (Foto: Robert Michael, AP)

ʼn Duitse sokkerondersteuner wag dat die Vrouewêreldbeker se Groep E-sokkerwedstryd tussen Nieu-Seeland en Nederland in Le Havre, Frankryk, afskop. (Foto: Francisco Seco, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.