Die wêreld in foto’s – 11 Junie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale afstandhandhawing aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Oekraïne is een van dié lande.

Ná ʼn lang afsonderingstydperk het talle mense na ʼn buiteluggimnasium op die Dolobetskii-eiland in die Dnieper-rivier gestroom om ʼn oefensessie in te werk. Die Katjalka-buiteluggimnasium is sedert 1966 ʼn gewilde oefenplek vir die inwoners van Kiëf, die Hoofstad van Oekraïne.

Só geniet Oekraïners hul vryheid.

ʼn Man doen liggaamsoefeninge in die buiteluggimnasium in Kiëf. (Foto: Evgeniy Maloletka, AP)

ʼn Man maak gebruik van die oefenapparaat in die buiteluggimnasium in Kiëf. (Foto: Evgeniy Maloletka, AP)

ʼn Vrou oefen in die Kiëf-buiteluggimnasium. (Foto: Evgeniy Maloletka, AP)

ʼn Man doen optrekke by in buiteluggimnasium in Kiëf. (Foto: Evgeniy Maloletka, AP)

Oefening in die buitelug in Oekraïne. (Foto: Evgeniy Maloletka, AP)

ʼn Man tel gewigte op in die Katjalka-buiteluggimnasium in Kiëf, Oekraïne. (Foto: Evgeniy Maloletka, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Ja, ons het in Thailand dikwels van soortgelyke geriewe gebruikgemaak. Die meeste groot dorpe en stede het die geriewe en is gratis tot alle inwoners se beskikking.

SomeOne ·

daar word ook alles met kettings, KETTINGS, vas gemaak, oral is daar misdade

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.