Die wêreld in foto’s – 11 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Suid-Afrika se Blitsbokke vier fees ná hul oorwinning teen Frankryk in die Wêreldbeker-sewestoernooi se eindstryd in Vancouver, Brits-Columbië. (Foto: Ben Nelms, AP)

’n Passasier se paspoort lê op die grond by die toneel waar ’n vliegtuig van Ethiopian Airlines naby Bishoftu, voorheen Debre‑Zeit, sowat 50 km van Addis Abeba geval het. Die lugredery het in ʼn verklaring gesê 149 passasiers en agt bemanningslede was aan boord van die Boeing 737 toe dit neergestort het ses minute nadat dit opgestyg het. (Foto: Mulugeta Ayene, AP)

Laurent Dubreuil van Kanada neem Sondag deel aan die 500 m skaats vir mans tydens ’n Wêreldbeker-spoedskaatsgeleentheid in Kearns, Utah. (Foto: Rick Bowmer, AP)

Phoenix Suns se Tyler Johnson (regs) verdedig die bal teen Golden State Warriors se Andre Iguodala gedurende die tweede helfte van ’n NBA-basketbalwedstryd dié naweek in Oakland, Kalifornië. (Foto: Jeff Chiu, AP)

’n Polisiebeampte op die toneel naby die New York-Presbyterian/Lawrence-hospitaal in Bronxville, New York. Polisiebeamptes het Sondag ondersoek ingestel na berigte van ’n gewapende man by dié hospitaal in die noorde van Manhattan. (Foto: Luke Sheridan, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.