Die wêreld in foto’s – 11 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die silhoeët van ʼn religieuse standbeeld teen die opkomende maan by ʼn begraafplaas in Lenexa, Kan. (Foto: Charlie Riedel, AP)

Brandweermanne spuit ontsmettingsmiddels buite ʼn openbare mark in Manila, Filippyne. (Foto: Aaron Favila, AP)

Xanthi Georgiou, ʼn Griekse aktrise, hou ʼn fakkel vas tydens die kleedrepetisie vir die vlamverligtingseremonie vir 2020 se Olimpiese Spele. Dié kleedrepetisie het op die geslote antieke Olympia-terrein in Griekeland plaasgevind, wat die geboorteplek van die antieke Olimpiese Spele is. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)

ʼn Man loop verby ʼn propagandaplakkaat in Beijing wat wildbeskerming bevorder. Sedert die uitbreek van die Covid-19-virus het wetstoepassers toegeslaan op markte wat wild verkoop. (Foto: Andy Wong, AP)

ʼn Betoger neem buite die parlement in Londen deel aan ʼn protesoptog oor Brittanje se begroting. Dit is Brittanje se eerste begrotingsrede sedert hulle die Europese Unie verlaat het. (Foto: Matt Dunham, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.