Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Pragtige tulpe by Changchunpark in Changchun, China. Foto: Xinhua/Lin Hong
ʼn Robot skink tee by ʼn tegnologieskou in Shangai, China. Foto: Xinhua/Fang Zhe
ʼn Ritueel word in New Delhi, Indië, gedoen om Donald Trump se oorwinning in die komende Amerikaanse verkiesing te verseker. Foto: Saurabh Das
Pous Franciskus kyk na ʼn prostetiese hand wat met ʼn 3D-drukker gemaak is tydens sy weeklikse besoek aan Sint Pietersplein by die Vatikaan. Foto: Alessandra Tarantino
ʼn Jong seun was groente by ʼn straatkafee in Yangon, Myanmar. Foto: Gemunu Amarasinghe
Studente in Yongning, China, hou ʼn veiligheidsoefening by die skool. Foto: Xinhua/Peng Zhaozhi
ʼn Smous verkoop waatlemoen aan mense op ʼn veerboot in Yangon, Myanmar.. Foto: Gemunu Amarasinghe
Die regisseur, Woody Allen, staan reg vir die kameras by die 69ste internasionale filmfees in Cannes, in die suide van Frankryk. Foto: Thibault Camus
Inwoners van Sadr City in Irak help om rommel te verwyder nadat ʼn motorbom in die middestad ontplof het. Foto: Khalid Mohammed
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.