Die wêreld in foto’s – 11 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Noord-Korea maak aanspraak op die uitlewering van enigiemand wat betrokke was by die beweerde CIA-sameswering om Noord-Korea se leier, Kim Jong Un, met ʼn biochemiese gifstof te vergiftig. Foto: Wong Maye-E, File, AP

Turkye se premier, Binali Yildirim, ontmoet Brittanje se premier, Theresa May, voor die Somalië-konferensie in Londen. Foto: Prime Minister’s Press Service, Pool Photo via AP

Somaliërs wat sonder heenkome is as gevolg van die droogte, kom aan by ʼn tydelike kamp in die buitewyke van Mogadisjoe. Brittanje bied tans ʼn konferensie aan wat die hongersnood in dié land wil aanspreek. Foto: Farah Abdi Warsameh, AP

Vrywilligers van China se outonome streek tel rommel op by die helling van Qomolangma – die noordelike kant van berg Everest. Ongeveer vier ton se rommel is binne vyf dae bymekaar gemaak. Foto: Awang Zhaxi, Xinhua via AP

ʼn By zoem om ʼn blom in Frankfurt, Duitsland. Foto: Michael Probst, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SARIE VAN HEERDEN ·

Daar word oor die belaglikste dinge kommentaar gelewer en weet ons mense lees en kyk daarna maar daar is nooit kommentaar oor “Die wereld in foto’s” wat so baie mooi is nie. Dankie Maroela.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.