Die wêreld in foto’s – 11 Mei 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Betogers by Monas, die nasionale monument in Djakarta, Indonesië, skree “God is groot” tydens ’n optog teen Amerika se plan om sy ambassade in Israel vanaf Tel Aviv na Jerusalem te skuif. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

Jean-Claude Juncker, die voorsitter van die Europese Unie-kommissie, lewer sy toespraak tydens die State of the Union-konferensie, georganiseer deur die European University Institute in Florence, Italië. (Foto: Claudio Giovannini, AP)

Wan Azizah, leier van die Maleisiese People’s Justice-party en vrou van Anwar Ibrahim, praat met verslaggewers nadat Maleisië se eerste minister, Mahathir Mohamad , Vrydag ’n mediakonferensie in Kuala Lumpur gehou het. Mohamad het Vrydag bevestig dat hy ’n beperkte kabinet met 10 kernministers gaan saamstel en met die proses gaan begin om die onmiddellike opheffing van die tronkstraf van die opposisie-ikoon, Anwar Ibrahim, te bewerkstellig. (Foto: Andy Wong, AP)

Kimi Raikkonen, die Ferrari-bestuurder van Finland, word Vrydag deur sy span op die renbaan gestoot tydens ’n oefening by die Barcelona Catalunya-renbaan in Montmelo net buite Barcelona, Spanje. Die Formule Een-wedren vind Sondag plaas. (Foto: Manu Fernandez, AP)

Mense kyk na ’n TV-skerm met beeldmateriaal van die Amerikaanse president, Donald Trump (links), en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, tydens ’n nuusprogram by die Seoel-treinstasie in Suid-Korea. Singapoer se diplomatieke bande met Noord-Korea, asook die stad se relatiewe nabyheid het die Suidoos-Asiatiese stadstaat die voor die hand liggende keuse gemaak vir die historiese beraad tussen dié twee leiers. ’n Gedeelte van die letters op die skerm lees “Beraad tussen VSA en Noord-Korea”. (Foto: Lee Jin-man, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.