Die wêreld in foto’s – 11 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale afstand aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Ná ʼn afname in nuwe Covid-19 gevalle in China is die Disneyland-pretpark in Sjanghai Maandag weer vir die publiek oopgestel. Verskeie toeristebestemmings het sedertdien heropen insluitend dele van die Groot Muur en die Verbode Stad-kompleks in Beijing.

Só lyk die Disneyland pretpark in Sjanghai.

Die kasteel in die Disneyland-pretpark in Sjanghai, China. (Foto: Sam McNeil, AP)

Die geleentheid van die heropening van die Disneyland-pretpark in Sjanghai. (Foto: Sam McNeil, AP)

Besoekers aan die Disneyland-pretpark in Sjanghai neem ʼn foto voor Donald Duck. (Foto: Chen Si, AP)

Die pretparkpersoneel hou kennisgewings op om bewustheid oor sosiale distansiëring in die park aan te moedig. (Foto: Si Chen, AP)

ʼn Jong besoeker aan die Disneyland-pretpark in Sjanghai. (Foto: Sam McNeil, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Jack

So Amerika is nou besig om deel van China te word gegewe die kaping van die kultuurskatte soos die. Die chinese weet waar om seer te maak.