Die wêreld in foto’s – 11 Oktober 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Mediese personeel behandel ʼn meisie in ʼn hospitaal die Siriese stad Daraa. Rebelle het Dinsdag vuurpyle afgevuur op verskeie regeringsbeheerde streke. ʼn Laerskool was een van die teikens en ses mense is gedood, onder wie vyf kinders. Nog 18 is beseer. Foto: Sana, AP

 

wêreld-foto

ʼn Vrou strooi blomme voor die Saoedi-Arabiese ambassade in Djakarta, Indonesië, in protes teen die lugaanval tydens ʼn begrafnis in Jemen waarin 160 mense dood is. Meer as 530 is beseer in die aanval. Foto: Agung Kuncahya, Xinhua

wêreld-foto (5)

Die sesjarige bruinpanda met die naam Qizai in die Qinling-opleidingsbasis in die Foping-streek in China se Shaanxi-provinsie. Die reuse-bruinpanda is uitsonderlik skaars in China. Foto: Xing Guangli, Xinhua

wêreld-foto (1)

Persimmons in ʼn boom in Beibaozhuang in die Yiyuan-streek in China se Shandong- provinsie. Foto: Zhao Dongshan, Xinhua

wêreld-foto

Sir Rod Stewart saam met sy vrou, Penny Lancaster, buite Buckingham-paleis in Londen waar dié rocker Dinsdag tot ridder geslaan is. Foto: Gareth Fulller, AP

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.