Die wêreld in foto’s – 11 September 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die son kom Dinsdag op naby ʼn windkragaanleg naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Kinders is Dinsdag in vervoering terwyl hulle na die simfonieorkes van SODRE luister tydens die Musiek + Gesondheid-geleentheid in die pediatriese hospitaal Pereira Rossell in Montevideo, Uruguay. (Foto: Nicolas Celaya, Xinhua)

Angela Merkel, die Duitse kanselier, woon Dinsdag ʼn parlementêre sitting in Berlyn by oor Duitsland se 2019-begroting. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Onafhanklikheidsbetogers Dinsdag in aksie tydens die Katalaanse Nasionale Dag in Barcelona. Katalaanse separatiste-owerhede het ʼn beroep gedoen op betogers om die strate van Barcelona Dinsdag in te vaar in hul eis vir onafhanklikheid van Spanje. (Foto: Daniel Cole, AP)

Die Nederlandse vlag wapper op ʼn skip in die Rotterdam-hawe, Nederland, tydens ʼn mediatoer wat die moontlike gevolge van Brexit op die lewering van goedere en die verkrygingsketting uitwys. (Foto: Peter Dejong, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.