Die wêreld in foto’s – 12 April 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Egiptiese vroue huil tydens die begrafnis van mense wat gedood is tydens ʼn bomontploffing in Alexandrië. Islamitiese militante is verantwoordelik vir die aanval. Foto: Samer Abdallah, AP

Die Welwalk WW-1000 is ʼn robotagtig beheerde beenstut wat in Tokio, Japan, ontwerp is. Dié draagbare stut sal mense help wat gedeeltelik verlam is. Foto: Eugene Hoshiko, AP

ʼn Navorsingspan van die California Cooperative Snow Survey onderweg om die diepte en waterinhoud van die sneeuval in die Inyo- nasionale park naby Bishop in Kalifornië te gaan meet. Foto: Brian Melley, AP

Die getal hawelose mense in Vancouver, Kanada, het sedert 2014 met 30 persent gestyg. Volgens beraming is daar tans 3 605 hawelose mense in dié stad. Foto: Liang Sen, Xinhua

Paulo Dybala (links) en Juan Cuadrato vier fees ná ʼn doel geskop is teen Barcelona tydens die UEFA-liga in Italië. Foto: Alberto Lingria, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.