Die wêreld in foto’s – 12 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kataloniese pro-onafhanklikheid-betogers wys hul steun aan die voormalige Katalaanse minister, professor Clara Ponsati, wat moontlike uitlewering na Spanje in die gesig staar tydens die uitleweringsverhoor by ʼn hof in Edinburgh. Professor Ponsati keer Donderdag terug hof toe vir die moontlike uitlewering op aanklagte van gewelddadige opstand en die wanaanwending van openbare fondse oor haar rol in Katalonië se omstrede onafhanklikheidsreferendum verlede jaar. (Foto: Jane Barlow, AP)

Thorbjoern Jagland, algemene sekretaris van die Europese Raad; Thorbjoern Jagland; en Soeren Pape Poulsen, Denemarke se Minister van Justisie, tydens die opening van ʼn Europese Raad-konferensie oor die hervorming van die Europese menseregtestelsel in Kopenhagen, Denemarke. (Foto: Bax Lindhardt, AP)

Ferrari se Sebastian Vettel van Duitsland gesels met ʼn Mercedes-spanlid, terwyl hy handtekeninge aan aanhangers uitdeel tydens ʼn geleentheid by die Shanghai- Internasionale baan voor die Chinese Formule Een Grand Prix in Shanghai. (Foto: Andy Wong, AP)

ʼn Man neem ʼn foto op sy selfoon van blomme op ʼn plaat met name van konsentrasiekampe tydens die jaarlikse seremonie van die Joodse volksmoord-herinneringsdag by die Yad Vashem- gedenkteken in Jerusalem. (Foto: Ariel Schalit, AP)

Indiese polisie probeer Donderdag ʼn studente-aktivis keer om ʼn polisie-versperring oor te steek tydens ʼn optog teen twee onlangse verkragtings in Nieu-Delhi, Indië. (Foto: Altaf Qadri, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Onthou ·

‘Joodse volksmoordherinneringsdag’. Ek twyfel of ons nog aktief konsentrasiekampslagoffers van die ABO herdenk. Wat ek hier bedoel is dat die buitewêreld en veral Engeland stilswyend is aangaande dit. By ons gebeur dit ook net by sekere kampe en is nie landwyd. Omdat skole ook nie betrek (mag?) word sterf die herdenking uit. Ook is advertensies van sulke herdenkings maar karig in ons plaaslike media. Gewoonlik hoor of lees ons daarvan nadat dit plaasgevind het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.