Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Meg Ryan (links) en Billy Crystal woon die 2019 TCM Classic-rolprentfees se openingsgala van When Harry Met Sally by wat Donderdag in die TCL- Chinese teater in Los Angeles aangebied is. (Foto: Richard Shotwell, AP)
Lewis Hamilton, Britse renjaer vir die Mercedes-span, in sy renmotor tydens die eerste oefensessie van die Chinese F1 Grand Prix op die internasionale renbaan in Sjanghai. (Foto: Andy Wong, AP)
Ashley Cain en Timothy Leduc van die Verenigde State Vrydag in aksie in die pare-program tydens die internasionale skaatsunie se Wêreldsierskaatskampioenskap in Fukuoka, in die suidweste van Japan. (Foto: Toru Hanai, AP)
Besoekers kyk na die kersiebloeisels en kleurvolle papierlinte wat in die lug wapper by Kodomonokuni, of “Kinderland” in Yokohama naby Tokio. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)
Katy Perry by die tiende jaarlikse DVF-prysgeleentheid wat Donderdag in die Brooklyn-museum in Brooklyn, New York, aangebied is. (Foto: Andy Kropa, AP)
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.