Die wêreld in foto’s – 12 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Vrou staan en kyk terwyl vliegtuie by die Hongkong Internasionale Lughawe land. Een van die besigste lughawens ter wêreld het alle vlugte gekanselleer nadat duisende betogers Maandagmiddag in die hoofterminaal ingestorm het. (Foto: Vincent Thian, AP)

Reëndruppels op die kameralens weerkaats die liggies by die Main-fees by die Main-rivier in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

San Francisco Giants se Kevin Pillar in aksie teen Philadelphia Phillies se Nick Pivetta tydens die agtste skof van die bofbalwedstryd in San Francisco. (Foto: Ben Margot, AP)

Simone Biles in aksie tydens die senior vrouekompetisie by die 2019 Amerikaanse gimnastiekkampioenskapreeks in Kansas City, Missouri. (Foto: Charlie Riedel, AP)

ʼn Man stap deur ʼn smal stegie vol kroeë en restaurante by die Golden Gai in die Shinjuku-distrik van Tokio. (Foto: Jae C Hong, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.