Die wêreld in foto’s – 12 Augustus 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het amptenare vir openbare orde in Indonesië begin om mense opstote op straat te laat doen as hulle nie maskers dra nie.

Só lyk die oortreders.

ʼn Man sonder ʼn gesigsmasker word ondervra deur amptenare vir openbare orde in Medan, Noord-Sumatra, in Indonesië. (Foto: Binsar Bakkara, AP)

ʼn Man doen opstote na hy versuim het om ʼn gesigsmasker in die openbaar te dra. (Foto: Binsar Bakkara, AP)

ʼn Amptenaar vir openbare orde hou toesig oor ʼn man wat die regulasies oortree het en as straf opstote moet doen. (Foto: Binsar Bakkara, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Duwweltjie

Daai fris mannetjie op die middelste foto kan doen met ‘n paar opstote!