Die wêreld in foto’s – 12 Desember 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

ʼn Ondersoekbeampte van Frankryk neem foto’s van ʼn pantservoertuig wat aan die brand gesteek is op ʼn snelweg in Dardilly naby Lyon. Dié voertuig het goud vervoer en die Franse polisie is opsoek na verdagtes wat kilogramme goud gesteel het. Foto: Laurent Cipriani, AP

wêreld-foto

ʼn Gedenkdiens word gehou by die Virgin Mary-kerk vir slagoffers wat gesterf het tydens ʼn bomaanval in Kaïro, Egipte. 25 Christene het gesterf toe ʼn bom ontplof het tydens ʼn kerkdiens. Foto: Nariman El-Mofty, AP.

wêreld-foto

Mense van Lahore in Pakistan sit om ʼn vuur in ʼn mistige oggend. Pakistan ervaar tans hewige mis wat lug-en padvervoer onderbreek. Foto: K.M. Chaudary, Ap

wêreld-foto

ʼn Moslem-meisie van Kasjmier hou ʼn vlag was tydens ʼn fees in Milad, Indië wat gehou word om die geboorte van die profeet, Muhammad te vier. Foto: Mukhtar Khan, AP.

wêreld-foto

Johan Travolta oorhandig ʼn toekenning vir die Beste Rolprent tydens die jaarlike Critics’ Choice-toekennings in Santa Monica. Foto: Chris Pizzello, Invision, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Buitestander ·

Daar is so baie geweld, moord en doodslag dat mens baie moet soek na ‘n berig wat dit nie bevat nie.
Dan is dit die dode tal op die paaie wat mens laat dink daar is geen goeie bestuurder oor in ons mooi land nie.
Lyk my die wêreld is heeltemal omgekeer.
Mag ons meeste mense nog die nuwe jaar in 2017 te gemoet gaan met ‘n glimlag op hulle lippe en ‘n huppel in julle stap!

Rupert Ashford ·

Miskien het hy die “soetste taal” ontdek…:-)

Corne ·

Ek’t myself ook nou kis gelag vir Johan Travolta. Ohhh eh eh

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.