Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Bill Gates, die medestigter van Microsoft, word deur die Franse president, Emmanuel Macron, verwelkom voor middagete by die Elysee Paleis in Parys, Frankryk, tydens ’n beraad oor aardverwarming. (Foto: Francois Mori, AP)

Russiese atlete en yshokkiespelers woon ’n Russiese Olimpiese Komitee-vergadering by in Moskou, Rusland. Dit is in aanloop tot hul deelname aan die 2018 Winterspele. (Foto: Ivan Sekretarev, AP)

Die voormalige Oostenrykse minister van finansies, Karl-Heinz Grasser, wag vir sy verhoor om te begin in Wene in Oostenryk. Grasser verskyn op aanklagte van korrupsie. (Foto: Hans Klaus, AP)