Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Beeld van Theresa May, die Britse eerste minister, pryk Woensdag buite die parlement in Londen tydens die betogings teen Brexit. (Foto: Frank Augstein, AP)

Sneeustormvoëls kan gesien word naby die Zhongshan-stasie in Antarktika. China se navorsingsstasie, Xuelong, ook bekend as die “Sneeu Draak”, is nou 44 km weg van die Zhongshan-stasie nadat vervoerroetes in Antarktika vasgestel is. (Foto: Liu Shiping, Xinhua)

Angela Merkel, die Duitse kanselier, beantwoord Woensdag vrae tydens ʼn sitting van die Bundestag, die Duitse parlement, in Berlyn, Duitsland. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Duitse polisiebeamptes keer Woensdag motors voor by die Frans-Duitse grens ná ʼn skietery in Straatsburg, Oos-Frankryk. ʼn Man het Dinsdag naby Straatsburg se bekende Kersmark op mense losgebrand. Drie is dood en 12 beseer. Frankryk het gevolglik sy terreurwaarskuwingsvlak met onmiddellike inwerkingtreding verhoog. (Foto: Christophe Ena, AP)