Die wêreld in foto’s – 12 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Dansers van die Mocidade Samba-skool sorg vir vermaak tydens die karnivalvieringe by die Sambadrome in Rio de Janeiro, Brasilië. (Foto: Silvia Izquierdo, AP)

Irene Cadurisch van Switserland in aksie tydens die 10 kilometer-tweekamp vir vroue by die 2018 Olimpiese Winterspele in Pyeongchang, Suid-Korea. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Indiese soldate neem hul plek in op die toneel van ’n geweerstryd met gewapende militante in Srinagar, Kasjmir. Twee gewapende mans het Maandag naby ’n paramilitêre kamp in dié stad losgebrand. Minstens een soldaat is doodgeskiet. Dié aanval kom ure nadat regeringstroepe ’n geweerstryd van twee dae lank beëindig het met drie gewapende mans in ’n weermagkamp in ’n ander deel van dié betwiste streek. (Foto: Dar Yasin, AP)

’n Afgaanse meisie hou haar sussie Maandag vas terwyl sy vir ’n foto in Kaboel poseer. (Foto: Rahmat Gul, AP)

’n Sogenaamde “Federahannes”, oftewel ’n feesganger van die tradisionele Swabiese karnival, spring met ’n stok tydens ’n optog in Rottweil, Duitsland.(Foto: Patrick Seeger, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.