Die wêreld in foto’s – 12 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Uitsig oor die misbedekte dorpie, Lambourn, in Berkshire, Engeland. (Foto: Steve Parsons, AP)

Arnold Schwarzenegger neem deel aan die ACM Lifting Lives Presents: Borderline Strong by die Fred Kavli-teater in Thousand Oaks, Kalifornië. (Foto: Richard Shotwell, AP)

Die bou van die kanoslalom-baan vir die 2020- Tokio Olimpiese Spele word voortgesit gedurende ’n besoek van die media. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Sjinese paramilitêre polisiebeamptes hou wag langs ’n rooi muur naby Tiananmen-hek. Sjina se hoofstad ervaar meestal droogte in die winter, maar het Dinsdagoggend ’n verrassende sneeuval ontvang. (Foto: Andy Wong, AP)

Welbekende Amerikaanse akteur Harrison Ford lewer ’n toespraak oor die bewaring van oseane gedurende die Wêreldregeringsberaad in Dubai, Verenigde Arabiese Emirate. Ford het ’n empatiese pleidooi gelewer om die wêreld se oseane te bewaar. Hy het ook onder andere die Amerikaanse president, Donald Trump, uitgelig as ’n ontkenner van wetenskap. (Foto: Jon Gambrell, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.