Die wêreld in foto’s – 12 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Forensiese beamptes ondersoek ivoor waarop beslag gelê is by die doeanekantoor in Bangkok, Thailand. Beslag is Vrydag gelê op ivoor van sowat 150 kg wat ongeveer 15 miljoen Thai baht (sowat R5,8 miljoen) werd is. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

Seelui wat Vrydag aan ʼn staking van 24 uur deelgeneem het, staan voor geankerde veerbote in die hawe van Piraeus naby Athene. Griekse vervoerwerkers, dokters in openbare hospitale en seelui staak weens die regering se nuwe planne vir skuldeiserhervorming. Foto: Petros Giannakouris, AP)

Die Switserse skiër Nils Mani Vrydag in aksie tydens die eerste been van ʼn resies vir mans as deel van die Wêreldbekertoernooi in Wengen, Switserland. (Foto: Alessandro Trovati, AP)

Benoit Paire van Frankryk het Vrydag te staan gekom teen Alex de Minaur van Australië in die halfeindstryd in die internasionale tennistoernooi in Sydney, Australië. (Foto: Rick Rycroft, AP)

Soveel as 50 pare is dié week in die Chinese provinsie Xiamen tydens ʼn groepseremonie in die huwelik bevestig. Die geleentheid is gereël vir werknemers van ʼn Chinese konstruksiemaatskappy. (Foto: Song WeiWei, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.