Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Brittanje se minister van binnelandse sake, Theresa May, daag op vir ʼn kabinetvergadering by 10 Downing Straat in Londen. Theresa May is Brittanje se nuwe premier. Foto: Kirsty Wigglesworth/wire.africannewsagency.com
Polisiemanne van Bandong, ʼn informele nedersetting in die suidooste van China se Fujian-provinsie, probeer modder wegvee nadat ʼn tifoon genaamd Nepartak die area getref het. Foto: Xinhua/Zhang Guojun) (mp)/wire.africannewsagency.com
Brandweermanne in Medan, in die noorde van Sumatra, Indonesië, probeer ʼn brand by ʼn winkelsentrum blus. ʼn Kortsluiting het blykbaar die brand veroorsaak. Geen ongevalle is aangemeld nie. Foto: Binsar Bakkara/wire.africannewsagency.com
Mense in Karachi, Pakistan, bring hulde aan Abdul Sattar Edhi, ʼn maatskaplike werker en filantroop, wat in die ouderdom van 88 oorlede is, nadat hy vir ʼn lang tyd siek was. Edhi het ongeveer 6 dekades gelede die Edhi-stigting saam met sy vrou gestig. Dié stigting het verskeie soorte hulp aan die mense van Pakistan gelewer in die vorm van ʼn verpleegsorgsentrum, kliniek, ambulansdiens, sopkombuis, kinderhuis en rehabilitasiesentrum. Photo: Shakil Adil/wire.africannewsagency.com
Die Serwiese tennisspeler, Ana Ivanovic en Duitse Sokkerspeler Bastian Schweinsteiger, sit in ʼn boot tydens hul troue in Venesië, Italië. Foto: Luigi Costantini/wire.africannewsagency.com
ʼn Man dra virtuele realiteit-brille en geniet ʼn simulasieprogram wat ʼn hoëspoed-trein naboots. Die VR Experience Center in Changle, in die suidooste van China, is die grootste van sy soort wat in dié soort tegnologie spesialiseer. Foto: Xinhua/Lin Shanchuan) (cxy)/wire.africannewsagency.com