Die wêreld in foto’s – 12 Julie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Boer in Christchurch, Nieu-Seeland, by sy skape. ’n Waarskuwing vir hewige sneeustorms in dié omgewing is uitgereik. (Foto: Mark Baker, AP)

Shinzo Abe, die Japanese premier, luister na ’n beampte terwyl hy die skade wat vloede in die suidweste van die land aangerig het, inspekteer. Abe het sy reis na Europa kortgeknip om die gebiede te besoek waar die vloede skade aangerig het. (Foto: Nozomi Endo/ Kyodo News, AP)

Tegniese personeel lê kabels onder die see aan na die Meizhou-eiland in die suidooste van China. Dit is die eerste kabel van sy soort wat by dié eiland opgestel word, en sal 38 000 inwoners op die eiland van elektrisiteit voorsien. (Foto: Zhang Gujun, Xinhua)

’n Kind speel by ’n waterfontein op ’n warm dag in Beijing. Die temperatuur het gestyg tot meer as 30 °C en baie inwoners is op soek na maniere om af te koel. (Foto: Ng Han Guan, AP)

’n Polisieman vuur traangas af om Kasjmiri-betogers onder beheer te bring ná die begrafnis van Aqib Ahmad, ’n plaaslike rebel. (Foto: Mukhtar Khan, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.