Die wêreld in foto’s – 12 Julie 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Lede van die Nepalese weermag red Donderdag ’n siek seun in Bhaktapur, Nepal, nadat die gebied oorstroom het as gevolg van die Hanumante-rivier wat ná Woensdag se reën oorstroom het. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

Seiljagte staan Donderdag tydens sonsopkoms geanker naby die oewer van die Balatonmeer in Tihany, 140 km suidwes van Boedapest in Hongarye. (Foto: Balazs Mohai, AP)

Frankryk se presidentsvrou, Brigitte Macron (middel), loop in hoë hakke oor gruis om fotograwe tydens ’n NAVO-eggenootprogram by die Afrika-museum in Tervuren, België, te ontmoet. (Foto: Virginia Mayo, AP)

Die Amerikaanse president, Donald Trump, spreek die media toe tydens ’n mediakonferensie na aanleiding van ’n beraad vir staatshoofde en regeringshoofde by die NAVO-hoofkantoor in Brussel. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Musikante vermaak omstanders Donderdag langs die pad terwyl die fietsryers verbyry tydens die sesde fase van die Tour de France-fietswedren van 181 kilometer. Dié roete begin in Brest en eindig in Mur-de-Bretagne Guerledan, Frankryk. (Foto: Peter Dejong, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.