Die wêreld in foto’s – 12 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Motoriste wag terwyl ganse ʼn straat in Düsseldorf, Duitsland, oorsteek. (Federico Gambarini/DPA via AP)

Pres. Pedro Pablo van Peru stap saam met Mariano Rajoy, die premier van Spanje, in die tuine van die Moncloa-paleis in Madrid. (AP Photo/Paul White)

Personeel van die Ueno-dieretuin in Tokio wys ʼn foto van ShinShin, die reusepandabeer, wat Maandag lewe geskenk het aan ʼn welpie. (AP Photo/Koji Sasahara)

Nick Bonino, ʼn hokkiespeler van die VSA, saam met sy vrou en dogtertjie by die Stanley-beker nadat sy span, die Pittsburgh Penguins, die Predators van Nashville met 2-0 gewen het. (AP Photo/Mark Humphrey)

ʼn Straat bedek met vloedwater in Guiyang in China. (Xinhua/Zhang Hui)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wonder net ·

Verwysend na die ganse, hier by ons sal daar gery word om jou dood te wil ry.
Waar is die lyfwagte van die president en die premier? Hier by ons sou daar ten minste ses per persoon gewees het en duidelik opsigtelik.
Een van die dae sal die ‘vloedwater’ ook so by ons lyk, al verskil is dat dit riool sal wees want die rioolverwerkingsaanlegte is in ‘n gehawende toestand.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ivm die ganse wat in ‘n ry oor ‘n straat in Dusseldorf stap: Daar stop motors om die stappers oor die pad te laat gaan. As dit HIER gebeur sal daar niks van hulle oorbly nie want daar is siele in ons land wat een kyk na hul gee en al wat hul sien is KOS!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.