Die wêreld in foto’s – 12 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Olivia Wilde woon die 2019 InStyle Max Mara Woman In Film vieringe by die Chateau Marmont in Los Angeles by. (Foto: Willy Sanjuan, AP)

ʼn Baba hasie kruip tussen die lang gras weg in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Satellietfoto van sikloon Vayu by die Indiese Meteorologiese Departement se kantoor in Nieu-Delhi, Indië, waar die sikloon gemonitor word. Indiese owerhede verwag dat hierdie sikloon Indië se tweede grootste storm van die seisoen gaan wees. (Foto: Rishabh R.Jain, AP)

ʼn Kind eet ʼn broodjie by ʼn baksteenfabriek in die buitewyke van Kaboel, Afghanistan. Duisende kinders werk in Afghanistan om hulle families finansieel te ondersteun. (Foto: Rahmat Gul, AP)

Weerlig deurklief die lug bokant windturbines gedurende ’n hewige donderstorm digby Ostrau, Duitsland. (Foto: Andre Maerz, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.