Die wêreld in foto’s – 12 Maart 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Van Gordon Elliott se perde galop tydens ʼn voorskou voor die aanbreek van die 2018 Cheltenham Fees-vergadering in Cheltenham, Engeland. (Foto: David Davies, AP)

Nepalese reddingswerkers staan Maandag naby die wrak van ʼn passasiersvliegtuig van Bangladesj wat op die lughawe in Katmandoe, Nepal, neergestort het. (Foto: Niranjan Shreshta, AP)

Suh Hoon, Suid-Korea se hoof van die nasionale intelligensiediens, en Japan se minister van buitelandse sake, Taro Kono (derde van regs), aan die begin van hul vergadering by die Iikura-gastehuis in Tokio. (Foto: Franck Robichon, AP)

ʼn Aktivis lê op die vloer van die Louvre-museum in Parys om bewusmaking te skep oor migrasie wat deur klimaatsverandering gedryf word, en veral om die bedrywighede van die Franse oliereus Total, ʼn prominente borg van Louvre-aktiwiteite, te kritiseer. (Foto: Christophe Ena, AP)

Kersiebome om die Tidal Basin in Washington omraam die Martin Luther King Jr. Monument om dagbreek. Inwoners van die Washington wag in spanning vir dié bome om te begin blom. (Foto: J. David Ake, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AKTIVIS ·

Lyk of sy uit die skildery geval het. Slagoffer vd oorlog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.