Die wêreld in foto’s – 12 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Renault se hoof- uitvoerende beampte, Thierry Bollore, Renault se voorsitter, Jean-Dominique Senard, Nissan se hoof- uitvoerende beampte, Hiroto Saikawa, en Mitsubishi Motors se voorsitter en hoof- uitvoerende beampte, Osamu Masuko, woon ’n gesamentlike mediakonferensie by gevolg deur ’n raadsvergadering by Nissan se hoofkwartiere in Yokohama, naby Tokio. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Laurence Massar, voorsitter, aan die woord tydens die vonnisoplegging van Mehdi Nemmouche by die Paleis van Justisie in Brussel. Nemmouche, ʼn Franse burger, is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op vier mense by die Brusselse Joodse museum vier jaar gelede. (Foto: Stephanie Lecocq, AP)

Bibliotekaris van die Kongres, Carla Hayden (links), bied ’n gesprek aan met die musikant en vervaardiger, Emilio Estefan, by die Biblioteek van die Kongres se Coolidge Ouditorium in die Thomas Jefferson-gebou, Washington. (Foto: Brent N. Clark, AP)

’n Silhoeët van mense teenaan dik waas van fyn stofpartikels by die Nasionale Museum van Korea in Seoel, Suid-Korea. Die Suid-Koreaanse president, Moon Jae-in, het op 6 Maart ’n gesamentlike projek in samewerking met Sjina voorgestel waar kunsmatige reën gebruik gaan word om die lug in Seoel skoon te maak. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Quinnipiac-spelers vier hulle oorwinning oor Marist in die NCCAA-basketbalkampioenskap gedurende die Metro Atlantic Athletic Conference-vrouetoernooi. (Foto: Hans Pennink, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.