Die wêreld in foto’s – 12 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het talle toeristebestemmings in spookdorpe verander. Só lyk die bekendste toeristeaantreklikhede in Rome nadat dié virus besoekers afgeskrik het.

In Junie 2019 sit toeriste voor die Pantheon in Rome. Dié plein is egter verlate in Maart 2020. (Foto: Gregorio Borgia/Andrew Medichini, AP)

In Junie 2017 wemel die omgewing van die Trevi-fontein van toeriste terwyl belangstelling in Maart 2020 taamlik gekwyn het. (Foto: Andrew Medichini, AP)

In November 2019 was die Spaanse trappe in Rome bedrywig, maar nou is daar skaars mense. (Andrew Medichini, AP)

Toeriste besoek die antieke Romeinse forum in April 2015. Die skare is egter opmerklik afwesig in Maart 2020. (Foto: Gregorio Borgia/Andrew Medichini, AP)

Die bekende Colosseum word druk besoek in April 2018. Enkeles is egter sigbaar in Maart 2020. (Foto: Virginia Mayo, Andrew Medichini, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Foefie ·

O genade. Ek wonder wat gebeur met toeriste in Italië wat nie kan uit nie? Hoe lank gaan die kwarantyn storie duur? Wie gaan betaal vir hul verblyf?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.