Die wêreld in foto’s – 12 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Vrou koop hoender by ʼn winkel in Beijing. China het ʼn handelsooreenkoms met die VSA gesluit waarvolgens die VSA beesvleis aan China verskaf en China op sy beurt gaar pluimvee aan die VSA. (AP Foto / Mark Schiefelbein)

Vroue dra “heilige” rys tydens die koninklike ploegseremonie in Bangkok in Thailand. Die jaarlikse gebeurtenis dui op die begin van die groeiseisoen vir rys in Thailand. (AP Foto / Sakchai Lalit)

ʼn Besoeker kyk na ʼn multimediakunswerk by die Traces of Words-uitstalling by die museum van antropologie in Vancouver in Kanada. Die uitstalling is ʼn kombinasie van kuns en woorde deur kunstenaars vanuit Asië. (Xinhua / Liang sen) (zy)

Nasim Zaidi, hoof van Indië se onafhanklike verkiesingskommissie, kom by ʼn vergadering van die land se belangrikste politieke partye aan. Die vergadering handel oor bewerings dat daar tydens onlangse plaaslike verkiesings met die elektroniese stemmasjiene gepeuter is. (AP Foto / Altaf Qadri)

Filippynse troepe oefen reddingscenario’s by Fort Magsaysay in die noorde van die land. (AP Foto / Bullit Marquez)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ai ·

So China verskaf hoender aan Amerika en Amerika forseer ons om hulle hoender te vat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.