Die wêreld in foto’s – 12 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd die handhawing van sosiale afstand aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Ongeveer 47 miljoen Spanjaarde het ekonomiese bedrywighede hervat ná ʼn streng landwye afsonderingstydperk in Spanje.

Só lyk Spanje ná die afsonderingstydperk.

ʼn Handwerkwinkel in Seville, Spanje. (Foto: Miguel Morenatti, AP)

ʼn Werker ontsmet die tafels van ʼn restaurant in Seville, Spanje. (Foto: Miguel Morenatti, AP)

ʼn Paartjie rus in Seville, Spanje, ná ʼn oefensessie. (Foto: Miguel Morenatti, AP)

Twee mans omhels mekaar op ʼn terraskroeg in Tarragona, Spanje. (Foto: Emilio Morenatti, AP)

Vriende drink saam by ʼn terraskroeg in Tarragona, Spanje. (Foto: Emilio Morenatti, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.