Die wêreld in foto’s – 12 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kleurvolle wolke oor bankgeboue en ’n televisietoring Maandagoggend voor sonop in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Lede van die Kanadese militêre doedelsak-orkes tydens die Herdenkingsdag-vieringe in Vancouver, Kanada. Mense oral in Kanada het deelgeneem aan dié dag ter herdenking van diegene wat hul land tydens oorloë gedien het. (Foto: Liang Sen, AP)

Alexander van der Bellen, die president van Oostenryk, lewer Maandag ’n toespraak tydens die 100ste verjaarsdagseremonie van die Republiek van Oostenryk by die Staatsoperahuis in Wene, Oostenryk. (Foto: Ronald Zak, AP)

’n Meisie sit op haar pa se nek gedurende die Onafhanklikheidsdagoptog in Warskou, Pole. Dié land het Sondag ’n eeu van onafhanklikheid gevier. (Foto: Jaap Arriens, Xinhua)

’n Voëltjie vlieg tussen blomme by die Fuzhou Nasionale Bospark in Fuzhou in China se Fujian Provinsie. (Foto: Mei Yongcun, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.