Die wêreld in foto’s – 12 Oktober 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Lede van die Hell’s Angels-motorfietsgroep kom aan by die begrafnis van ʼn takhoof in Giessen, Duitsland. Die president van die Duitse tak is verlede week by die groep se klubhuis doodgeskiet. Foto: Michael Probst/AP

wêreld-foto (3)

Die Salton Sea is die grootste meer in Kalifornië wat jaarliks ongeveer 1, 5 miljoen toeriste trek. Nou is die meer in ʼn ekologiese krisis weens droogte en besoedeling. Foto: Xinhua/Yang Lei) (zw)

wêreld-foto

ʼn Koevert met Koning Charles X se hare is steeds ná 200 jaar in Gorizia, Italië, die plek waar hy sy laaste dae uitgeleef het, bewaar. Ná sy dood is Koning Charles in Nova Gorica in Slowenië begrawe. ʼn Groep geskiedkundiges en rojaliste van Frankryk het onlangs ʼn veldtog begin om dié koninklike se oorskot terug te neem na Frankryk. Foto: Darko Bandic/AP

wêreld-foto

Rafael Nadal van Spanje verlaat die baan ná sy nederlaag teen Viktor Troicki van Serwië, tydens die Sjanghai Meesters-toernooi in die Qizhong Forest Sports City Tennis-sentrum in Sjanghai, China. Foto: Andy Wong/AP

wêreld-foto

Die Russiese ontwerper, Slava Zaitsev (78) staan reg vir ʼn foto by sy huis in Moskou, Rusland. Dié ontwerper maak steeds, op sy ouderdom, twee klerereekse per jaar. Hy het sy skeppings vanjaar by die modeweek in Rusland vertoon. Foto: Pavel Golovkin/AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.