Die wêreld in foto’s – 12 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Voertuig met ʼn plakker waarop “Rusland” pryk, staan in ʼn straat in Loyga geparkeer. (Foto: Nataliya Vasilyeva, AP)

Modelle dra skeppings in ʼn mode-uitstalling met die tema “Die skoonheid van Chinese styl” by die 2018-kompetisie World University Student Fashion Design in Qingdao, ʼn kusstad in die Shandong-provinsie in Oos-Sjina. (Foto: Li Ziheng, Xinhua)

ʼn Boer oes rys in Guanyun-distrik, Jiangsu-provinsie, in Oos-Sjina. (Foto: Wu Chenguang, Xinhua)

Mense woon Vrydag die begrafnis van die televisiejoernalis Viktoria Marinova by in Ruse, Bulgarye. Marinova se lyk is verlede Saterdag naby die Donaurivier in die noordelike Bulgaarse dorp Ruse gevind. ʼn 21-jarige Bulgaarse burger is Dinsdagaand buite Hamburg in hegtenis geneem vir dié moord. (Foto: Vadim Ghirda, AP)

Die Britse prinses Eugenie van York en haar man, Jack Brooksbank, Vrydag ná hul troue in die St. George-kapel by die Windsor-kasteel naby Londen, Engeland. (Foto: Adrian Dennis, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.