Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Stan Wawrinka van Switserland vier sy oorwinning teen Novak Djokovic van Serwië tydens die mans-finaal by die Amerikaanse Ope in New York, in die VSA. Wawrinka het met 3-1 gewen. Foto: Xinhua/Yin Bogu)/wire.africannewsagency.com
Universiteitstudente van Bangkok hou baniere in die lug tydens Nasionale Anti-korrupsiedag, wat elke jaar op 6 September gehou word. Dié samekoms word deur die Anti-korrupsie Organisasie van Thailand gereël. Foto: (Xinhua/Rachen Sageamsak) (zjy)/wire.africannewsagency.com
Richard Whitehead van Brittanje vier sy oorwinning in die 200m T42 mans-finaal tydens die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië. Foto: Xinhua/Li Ming/wire.africannewsagency.com
Inwoners van Montevideo in Uruguay kook 3,350 kg se lensiebredie. Volgens plaaslike media beoog die deelnemers om die Guiness Wêreldrekord te breek vir die grootste lensiebredie in die wêreld. Foto: (Xinhua/Nicolas Celaya) (zjy)/wire.africannewsagency.com
Modelle vertoon skeppings van Vivienne Hu tydens die New York-modeweek in die VSA. Foto: (Xinhua/Wang Ying) (lrz)/wire.africannewsagency.com
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.